Riglyne

Toestemming 101

Dis 'n noodsaaklike deel van enige verhouding en ons wil vir jou 'n kitskursus hierin gee.


Seksuele Aanranding

Uitgaan en seks kan 'n moeilike terrein wees om jou weg deur te vind. Elke persoon wat jy ontmoet, het hulle eie grense en verwagtinge — kommunikasie is van sleutelbelang. Dis hier waar toestemming ter sprake kom. Dis 'n noodsaaklike deel van enige verhouding en ons wil vir jou 'n kitskursus hierin gee.

Toestemming is regtig taamlik eenvoudig. Dit beteken maar net dat jy toestemming moet vra vir enige intieme aktiwiteit. Soms word toestemming in woorde uitgedruk, soms in optrede. Die punt is dat as jy iemand persoonlik ontmoet, jy die verantwoordelikheid het om hulle grense te respekteer, en hulle moet joune respekteer. As jy nie absoluut seker is waarmee hulle gemaklik is nie, vra eenvoudig.

As jy iemand ontmoet, onthou: jy moet gemaklik wees en aktief toestem voordat enige seksuele aktiwiteit plaasvind. En as jy gereed is om met hulle tot die volgende stap oor te gaan, moet jy seker maak jy kry stap-vir-stap hulle toestemming.

Hou in gedagte:

  • Wetlike definisies sal wissel, maar seksuele aanranding verwys gewoonlik na enige seksuele kontak of aktiwiteit wat plaasvind sonder die toestemming van die slagoffer. Seksuele aanranding sluit verkragting, nie-instemmende seksuele aanraking, of gedwonge dade soos om orale seks uit te voer of te ontvang.
  • Daar is geen toestemming as 'n persoon geestelik of liggaamlik onbevoeg is of deur dwelms of alkohol aangetas is nie, omdat hulle nie die feit, aard of omvang van die situasie kan verstaan nie.
  • Toestemming word vrylik verleen as daar geen vrees, druk of bedreiging betrokke is nie. Oortreders gebruik nie altyd fisieke geweld nie; hulle kan dreigemente, manipulasie of dwang gebruik.
  • Jy het altyd die reg om "nee" te sê. As iemand nie "nee" sê nie, is dit nie toestemming nie. As iemand ongemaklik of huiwerig lyk, vra hoe hulle voel en bied aan om aan hulle ruimte te gee. "Miskien" beteken altyd "nee".
  • 'n "Ja" vir een soort seksuele aktiwiteit beteken nie "ja" vir 'n ander soort nie. Toestemming is nie iets wat jy net een keer gee nie — dis iets wat jy deurlopend kontroleer gedurende julle tyd saam. Selfs ná aanvanklike toestemming het die ander persoon altyd die reg om van plan te verander en nee te sê - en jy ook.

Om vir Toestemming te Vra

Toestemming hoef nie altyd mondeling te wees nie, maar om mondeling in te stem tot verskillende seksuele aktiwiteite kan beide jou en jou maat help om mekaar se grense te respekteer. Mondelinge toestemming kan insluit om te sê "ja", "moenie ophou nie" of om 'n maat te vertel wat jy wil hê. Enkele voorbeelde van niemondelinge toestemming sluit in knik, iemand nader trek of om aktief betrokke te raak, soos om aan mekaar te raak.

Onthou dat niemondelinge leidrade minder duidelik is as jy saam met 'n nuwe maat is, daarom is dit altyd beter om mondelinge toestemming te gebruik totdat jy iemand goed ken. En daarby kan die vra van toestemming ook sexy wees. Toestemming moet altyd duidelik en entoesiasties wees en deurlopend plaasvind tydens alle seksuele aktiwiteit. Dit is werklik belangrik vir almal in die verhouding om gemaklik te voel met wat gebeur en om daardie gemaklikheid die hele tyd te kommunikeer.

Hou in gedagte dat toestemming nie net tot seksuele aktiwiteite beperk is nie — werk om 'n wedersydse belangstelling in fisieke aanraking te bewerkstellig om seker te maak dat julle bewus is van elkeen van julle se gemaksvlakke en dat julle duidelike grense stel wanneer julle kan. Onthou dat mense wat onbevoeg is as gevolg van dwelms of alkohol nie toestemming kan gee nie.

Om Toestemming te Gee

As jy nie gemaklik voel om aan enige soort aktiwiteit deel te neem nie, hoef jy dit nie te doen nie, en niemand het die reg om druk daartoe op jou uit te oefen nie. Wees duidelik oor jou bedoelings en weet dat geen afspraakmaat (of enigiemand anders) die reg het om jou grense te verskuif nie — en dat jy dit ook nie met iemand anders mag doen nie.

As jy dit oorweeg om enige seksuele aktiwiteit te hê, laat weet die ander persoon wat vir jou werk — vind maniere waarop julle albei deurlopende toestemming kan kommunikeer, soos om mondeling te kontroleer soos wat dinge vorder. As jy nie seker is hoe entoesiasties die ander persoon oor 'n bepaalde seksuele aktiwiteit is nie, vra hulle. Onthou, as iemand nie "nee" sê nie, is dit nie 'n "ja" nie.