Riglyne

Jou gids vir in die werklike lewe

Wenke om jou te help om veiliger te wees (hoewel ons wens dit was nie nodig nie).


Ons leef in 'n wêreld waar sommige mense slegte bedoelings het. Ons wil hê dat jy alles moet doen om veilig te bly in die werklike lewe, maar ons moet erken dat dit nie so behoort te wees nie: dit moenie vir jou nodig wees om uit jou pad te gaan om veilig te wees nie, en dit is totaal onregverdig dat sommige mense meer voorsorg as ander moet tref bloot as gevolg van hulle geslag, geslagsidentiteit, ras, godsdiens en seksuele oriëntasie.

As daar iets buite die toepassing gebeur, is daar 'n paar dinge om te onthou — jy kan hulle blokkeer om jou te kontak deur die boodskapdiens wat jy gebruik en hulle steeds aan ons rapporteer. Selfs al het hulle jou as 'n pasmaat gekanselleer, kan jy steeds die persoon hier aan ons rapporteer sodat ons dit kan ondersoek en besluit watter stappe om te doen.

Ons wil dit duidelik stel: niemand verdien om in 'n onveilige situasie geplaas te word nie, ongeag hoeveel hulle gedrink het of wie hulle vertrou het om hulle huis toe te neem. As iemand 'n besluit geneem het om gewelddadig teen jou op te tree, is dit onaanvaarbaar.

Sonder om verder tyd te mors, hier is 'n paar wenke om veiliger in die werklike lewe te wees, hoewel ons wens dit was nie nodig nie:

Voor 'n ontmoeting

  • Moenie haastig wees om na buite die toepassing te beweeg of jou persoonlike inligting te deel nie: voorsien slegs jou nommer as jy gemaklik voel, en hou dinge soos jou huisadres en daaglikse roetine vir jouself wanneer jy iemand nuut leer ken.
  • Hou mense ingelig: laat jou vriende en familie weet van jou planne - dis die beste dat iemand wat jy vertrou, weet waar jy is.
  • Wees in beheer: sorg self vir jou vervoer na die ontmoeting toe, selfs al bied iemand aan om jou op te laai.
  • Kies altyd (en bly in) openbare plekke wanneer jy iemand ontmoet wat jy nie regtig ken nie.

Gedurende 'n ontmoeting

  • As jy dwelms of alkohol gebruik, weet dan hoe dit jou spesifiek beïnvloed. Daar is mense daar buite wat ongelukkig kan probeer om dit uit te buit.
  • Hou jou besittings naby: jou sak, telefoon, sleutels, beursie, drankie? Hou dit alles by jou.

Ná 'n ontmoeting

  • Bly in beheer: sorg self vir jou vervoer terug huis toe
  • Nie 'n goeie ervaring nie? Kanselleer hulle as pasmaats – en rapporteer hulle as jy dink dis nodig. Geen probleem nie.

Afsprake in die tyd van die koronavirus:

Ons is almal gretig om weer in die werklike lewe bymekaar te kom, maar dit is ons almal se plig om ons gemeenskappe veilig te hou. Sodra jou plaaslike gesondheidsowerheid klein sosiale byeenkomste goedkeur en jy voel gereed om die groep waarmee jy kuier uit te brei, volg asseblief die advies van jou plaaslike gesondheidsowerheid of kyk na die leiding van die Wêreldgesondheidsorganisasie. Wanneer daardie tyd aanbreek, sê openlik waarmee jy gemaklik is – en waarmee nie. Dis in hierdie tyd belangrik om aan jou pasmaats grense te stel en openlik te sê waarmee jy gemaklik is. Onthou: jou veiligheid en gemoedsrus moet altyd eerste gestel word. Om jou op hierdie pad te help, het ons ook vir Peter Pitts, President, Center for Medicine in the Public Interest geraadpleeg, om wenke te ontwikkel om terug te keer na afsprake in die regte lewe:

  1. Wees 'n held, dra 'n masker: Elke keer as jy iemand nuut ontmoet, maak seker dat jy jou neus en jou mond bedek. Jy hou jouself en jou gemeenskap op dié manier veiliger en gesonder. Onthou: daar word vermoed dat die virus oorgedra kan word selfs al toon jy nie simptome nie.
  2. Moenie haastig wees om aan iemand te raak nie: moenie hande skud en mense druk of soen totdat jy die ander persoon se gesondheidstatus ken nie -- en wees ewe versigtig wanneer die tyd aanbreek om hulle vriende te ontmoet. Kontak mense digitaal as jy fisiek nie goed voel nie: hierdie virus affekteer mense verskillend, so as jy nie 100% voel nie, geniet 'n afspraak via FaceTime, Zoom of jou gunsteling-videoboodskapdiens. Dit is nie die risiko werd om jouself of iemand anders siek te maak nie - en jy kan steeds 'n paar kerse opsteek of aandete laat aflewer.
  3. Kies jou afspraakplek bewustelik: as jy gemaklik voel om persoonlik te ontmoet, maak seker dat jy 'n plek kies wat veilige higiëne en sosiale afstand beoefen. Bring ontsmettingslappies en handreiniger saam en vee enigiets af waaraan jy kan raak of op sit. En moenie vergeet om jou hande gereeld te was nie!

As jy wel begin siek voel, volg die aanwysings van jou plaaslike gesondheidsowerheid en laat weet diegene wat jy ontmoet het so gou as moontlik.

Meer wenke kan ook op ons webwerf hier gevind word.